MK sê SOE is moordbende, ondersoek vir politieke redes

Die MK-party het die Spesiale Ondersoekeenheid beskuldig dat hy ʼn presidensiële moordbende is wat ondersoeke vir politieke redes doen. Die eenheid het gister ʼn voorlegging oor sy jaarlikse verslag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling aangebied. Die MK-party se hoofsweep, Mzwanele Manyi, sê hy betwyfel die Spesiale Ondersoekeenheid se onafhanklikheid omdat die president ʼn proklamasie moet onderteken voordat dit met ʼn ondersoek kan begin: