VSA se ultimatum aan Isreal: Blinken en Austin het ‘privaat’ brief geskryf

Meer inligting is bekend oor die ultimatum wat die Biden-administrasie aan die Israelse se regering gegee het en hom 30 dae tyd gegee om toegang tot humanitêre hulp in Gaza te verbeter, anders loop hy gevaar om Amerikaanse wette oor buitelandse militêre bystand te oortree. Die minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, en minister van Verdediging, Lloyd Austin, het die brief geskryf. Amerika het Israel beveel om oor die volgende maand humanitêre pouses in Gaza in te stel sodat mense in die Al-Mawasi humanitêre sone in Gaza voor die winter dieper in Gaza kan inbeweeg.