Taylor Swift maak Eras-boek bekend
Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Taylor Swift, gaan op 29 November ʼn boek bekendstel om haar Eras-toer wat rekords verbeter het, te herdenk. Die Eras Tour Book van 256 bladsye bevat nuwe foto’s van die toer en stories en herinneringe van Swift self. Sy gaan ook haar nuwe album, The Tortured Poets Department: The Anthology as langspeelplaat vrystel. Dit sluit al 31 liedjies van haar dubbelalbum wat vroeër vanjaar vrygestel is, asook vier bonussnitte in.