Pastoor beroof blykbaar sakevrou van N$190 000

Plaaslike media berig dat ‘n 26-jarige vrou bedreig is deur ‘n pastoor op Outapi en het 190 000 Namibiese dollar verloor. Die pastoor, 28 jaar oud, is ook blykbaar ‘n polisieman. Die vrou sê hy het vir haar besigheid gebid en haar 400 dollar daarvoor gevra. Dit het toe begin goed gaan en hy het geld by haar geleen om toerusting vir die kerk te koop. Daarna was dit heen en weer en uiteindelik het die pastoor ‘n klag teen haar gelê na sy toerusting gaan haal het vir betaling. Sy voer ook aan die pastoor het gedreig hy sal haar doodmaak. Die polisie bevestig die pastoor het homself oorhandig na ‘n lasbrief uitgereik is en ‘n ondersoek is gelas.