VSA veroordeel Israelse aanvalle in Beiroet

Minstens een Israeliese aanval het vanoggend vroeg in Beiroet se suidelike voorstede getref, ure nadat die VSA gesê het dat hulle die omvang van Israeliese aanvalle in Beiroet teenstaan te midde van ‘n stygende dodetal en vrese vir groter streeks-eskalasie. Woordvoerder van die staatsdepartement Matthew Miller…

Ooggetuies het twee ontploffings gehoor en rookpluime uit twee afsonderlike woonbuurte gesien. Dit kom nadat Israel vroeg Woensdag ‘n ontruimingsbevel uitgereik het wat slegs een gebou genoem het.