Supermaan kan see onstuimig, gevaarlik maak

Die Nasionale Seereddingsinstituut in Suid-Afrika maan mense om versigtig te wees wanneer die volmaan-springgety môre ‘n hoogtepunt bereik. Dit sal in alle waarskynlikheid ook plaaslik van toepassing wees. Die NSRI sê die gety-toestande kan lei tot sterk seestrome en hoë deinings wat ‘n gevaar inhou vir strandgangers en watersport-geesdriftiges. Woordvoerder Craig Lambinon raai mense aan om ingelig te bly oor plaaslike toestande, gevaarlike gedrag naby die water te vermy en veiligheidswaarskuwings te gehoorsaam: