Dis repokoers vandag, nuus is dalk goed

Die Bank van Namibië sal vandag die repokoers bekend maak. Dit kom na die koers met 25 basispunte in Augustus na 7,5 persent verlaag is. Ekonome meen die sentrale bank sal die koers verder sny, met 25 basispunte, 7,25 persent. Inflasie het gedaal en die koers sal toelaat dat dit stabiliseer tussen 3 en 6 persent. Die aankondiging word om 11-uur verwag.