Trump en sy uiteenlopende kommentaar oor sy gesondheid… 

Mediese rekords het weer ‘n ding geword in die Amerikaanse verkiesing. Die 59-jarige Demokratiese kandidaat Kamala Harris het oor die naweek haar rekords bekend gemaak maar, die 78-jarige Republikein Donald Trump weier. Hy het verskeie male uiteenlopende goed daaroor gesê insluitend hy het reeds sy mediese rekords verskaf. Ook, hy dink Harris se seisoenale allergieë verteenwoordig ‘n ‘gevaarlike situasie’ wat ‘haar funksionering sal beïnvloed’, dat hy meer deursigtig oor sy mediese geskiedenis as enige ander president in die geskiedenis is en dat hy gesonder as Harris is. Hy het ook gesê hy het sy toetse goed geslaag.