Geen plaaslike tekorte aan stralerbrandstof nie
Die lugvaartbedryf in Suid-Afrika het gewaarsku oor ʼn dreigende ernstige tekort aan stralerbrandstof. Met die sluiting van raffinaderye in KwaZulu-Natal is tydelike lisensiereëlings vir lugvaartkeroseen ingestel, wat binnekort verval. Raffinaderye wat met infrastruktuurkwessies sukkel het oorgeskakel na invoergebaseerde modelle, maar die uitreiking van brandstoflisensies vorder stadig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, oor die situasie in Namibië.