Vroeë stemme word in Goergia uitgebring

Vroeë stemme is in een van die sewe swaaistate in die Amerikaanse verkiesing, Georgia, uitgebring. Gabriel Sterling, bedryfshoof van Georgia se staatsekretaris, het op X gesê teen 12-uur die middag het 122 049 kiesers reeds gestem. Hy het bygevoeg dat aanduidings is die rekord gaan in die slag bly. Die rekorddag vir vroeë stemme was in die 2020-verkiesing, met 136 000 stemme uitgebring. Intussen was Donald Trump in Chicago, waar hy geweier het om direk te sê of hy onlangs met die Russiese president Vladimir Putin gepraat het, terwyl Harris op pad was na ‘n ander swaaistaat, Michigan.