Giorgio Armani, 90, begin dink aan aftree

Italië se bekendste modeontwerper, Giorgio Armani, sê hy beplan om binne die volgende twee of drie jaar af te tree. Die 90-jarige is stewig in beheer van sy sakeryk wat hy bykans 50 jaar gelede gestig het. Armani het die modehuis in 1975 gestig en die volgende jaar sy eerste reg-om-te-dra-versamelings aangebied. Hy is kinderloos en sy erfgename sal na verwagting sy suster, drie ander familielede wat by die maatskappy werk, sy langtermyn-medewerker en vennoot, Pantaleo Dell’Orco, en ‘n liefdadigheidstigting insluit.