Tiende en laaste Dr. Hage Geingob-beker hierdie naweek

Die 10de en laaste uitgawe van die Dr. Hage Geingob-beker sokkertoernooi vind Saterdag by die Onafhanklikheidstadion plaas. Hierdie laaste toernooi het ‘n kontant-hupstoot van 1,5 miljoen Namibiese dollar van Namibia Breweries Limited ontvang. In 2014 is ‘n ooreenkoms met die reëlingskomitee, die borge, die Namibië Sokkervereniging en wyle president Hage Geingob bereik om die toernooi vir 10 jaar te hou. Die toernooi sal uit drie wedstryde bestaan, wat begin met ‘n vertoonwedstryd tussen Omake Celebrities en Danger Point Celebrities. ’n Vrouewedstryd sal volg tussen Girls & Goals en Ongos Ladies. Die hoofwedstryd sal beslis word tussen die verdedigende kampioene Eeshoke Chula Chula en African Stars.