Bederf ‘n boervrou met die Kersboks vir ‘n Boervrou-projek!

Droogtehulp Namibië vra die publiek se ondersteuning vir hul Kersboks vir ‘n Boervrou-projek. Die inisiatief is daarop gemik om boere se vroue tydens moeilike tye, soos droogte, op te hef deur geskenkpakkies vol lekkernye, bederfgoed en praktiese goedere te voorsien. Voorgestelde items sluit in gebak, skoonheidsprodukte, huishoudelike items en ontspanningsmateriaal. Die organisasie benadruk die belangrikste is dat ‘n persoonlike boodskap van ondersteuning ingesluit word. Pakkies moet teen die tweede week van November afgelewer word vir tydige verspreiding, saam met voerlewerings aan boere. Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.