Dis hoekom Amushelelo sy naam van parlementêre lys haal

Die aktivis Michael Amushelelo was in die 31ste posisie op die Landless People’s Movement se parlementêre lys, maar het op sy sosiale media gesê hy onttrek sy naam. Dit is glo omdat hy nie in die politiek is om as parlementslid verkies te word nie. Hy sê hy bly toegewy aan die LPM. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels, wat verduidelik hoekom hy homself van die lys verwyder het.