NEFF se kandidatelys ingedien, sê veldtog vorder goed

Die Namibia Economic Freedom Fighters het uiteindelik hul kandidate vir die komende verkiesing by die Verkiesingskommissie ingedien. Hulle het hul presidensiële kandidaat, Epafras Mukwilongo, saam met 96 lede vir die parlementêre verkiesings geregistreer. Dit kom na die party in Junie deur die kommissie gederegistreer is, maar ‘n onlangse hofbeslissing die deregistrasie omgekeer het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Teresia Hamurenge, die NEFF se woordvoerder, oor hoe dit met hulle veldtog gaan.