VK stel sanksies in teen Iranse militêre amptenare, organisasies

Die Verenigde Koninkryk het ʼn nuwe ronde sanksies aangekondig teen senior Iranse militêre figure en organisasies wat probeer om die Midde-Ooste te destabiliseer. Dis in reaksie op Iran se missielaanval op Israel op 1 Oktober. Die sanksies sluit ʼn reisverbod en bevriesing van bates in. Persone wat geraak word, is onder andere Iran se weermaghoof, Abdolrahim Mousavi, en sy adjunk, Mohammad-Hossein Dadras. Die Britse Buitelandse Sake-minister, David Lammy, sê hulle sal voortgaan met pogings om spanning in die gebied te verminder.