Kaapstadse marathon kry 21 000 inskrywings

Padwedlope: Die organiseerders van die Kaapstadse marathon sê vanjaar se wedloop gaan een van die opwindendste in die geleentheid se geskiedenis wees.  ʼn Rekordgetal van 21 000 deelnemers word verwag. Verlede jaar se wenners, die Ethiopiërs Tsige Haileslase en Adane Kebede Gebre, keer die naweek terug om hulle titels te verdedig. Die wedloopdirekteur, Barry van Blerk, sê die wedloop gaan spog met die beste marathon-atlete ooit op Afrika-bodem.