Geo-ruimtelike inligting by forum onder die loep

’n Nasionale forum oor geo-ruimtelike inligting word môre en Donderdag by die Mercure Hotel gehou om die waarde daarvan in beleidmaking en besluitneming toe te lig. Die forum sal demonstrasies, uitstallings en besprekings bevat oor verskeie sub-temas wat verband hou met die gebruik van ruimtelike data in verskillende sektore. Die teikengehoor sluit in beleidmakers, navorsers, beplanners en die algemene publiek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Loise Iiyambo, ‘n geografiese inligtingstelsel-ontleder by die Namibië Statistieke Agentskap, wat die belangrikheid van die forum verduidelik.