Tshwane metropolisie sê van 44 mense in minibus-taxi

Die Metropolisiedepartement in Tshwane het sy verbintenis herbevestig om inwoners veilig te hou na die arrestasie van 44 ongedokumenteerde Malawiërs in Hammanskraal. Polisiebeamptes het Sondag ‘n oorlaaide minibus-taxi met 34 volwassenes en tien kinders onderskep wat van Malawi na Johannesburg onderweg was. Die bestuurder was ook ongedokumenteerd en is aangekla van die versuim om geldige bestuursdokumente voor te lê. Woordvoerder Rebone Molapo sê nie een van die passasiers het wettige dokumentasie of bagasie gehad nie.