Miljarde nodig om krane oop te hou

Namibië sal tussen 17 en 25 miljard Namibiese dollar oor die volgende tien jaar moet verseker om in sy groeiende vraag na water te voorsien. Lynminister Calle Schlettwein sê die belegging sluit nie die groter en ewe dringende behoeftes in om behoorlike higiëniese sanitasiegeriewe vir almal te ontwikkel nie. Schlettwein het in Kaïro by die Afrika Waterweek gepraat. Volgens hom is 10 miljard dollar nodig om veilige grootmaatwatervoorsiening tot die jaar 2037 landwyd te verseker.