Geen rede tot kommer oor Access Bank nie, dis ‘n goeie ding

Access Bank Namibia het ‘n voorlopige banklisensie gekry, met ‘n tydperk van ses maande om aan al die nodige voorwaardes te voldoen voordat dit ‘n volle lisensie kry. Die bank kan dus nog nie bankdienste lewer nie, maar die tyd gebruik om homself reg te kry vir besigheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer van SMEs Compete, wat sê die teenwoordigheid van Access Bank sal goeie kompetisie wees vir kommersiële banke.

Ten spyte van die mislukking van inisiatiewe soos SME Bank, Citi Savings Bank en ander, het Meyer ‘n positiewe vooruitsig vir die toekoms van Access Bank.