Daar’s kommer oor M-pokke in Zim 

Die eerste twee gevalle van M-pokke in Zimbabwe is in Harare bevestig. Een geval is ‘n 11-jarige seun wat na Suid-Afrika gereis het en toe simptome ontwikkel het. Die tweede geval was ‘n 24-jarige man wat Tanzanië besoek het en daarna siek geword het. Die gesondheidsowerhede het die nasie gerusgestel dat die kwessie onder beheer is. Setfree Mafukidze, ’n kommentator van die Health Factor in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en deel sy bekommernisse.