Mick Schumacher dalk in ‘25 in Sauberspan 

Die seun van die voormalige Formule Een-legende, Michael Schumacher, kan dalk volgende jaar ʼn permanente plek in die sport losslaan. Audi se hoof, Mattia Binotto, sê die 25-jarige Mick Schumacher word oorweeg as ‘n moontlikheid vir die beskikbare posisie by Sauber. Die span het nog nie bekendgemaak wie in 2025 nog ʼn Duitser, Nico Hulkenberg, se spanmaat gaan wees nie. Die huidige jaer, Valtteri Bottas van Finland, of die F2-bestuurder Gabriel Bortoleto van Brasilië is as die ander bestuurder beskou maar Binotto sê Schumacher word ook oorweeg.