Metcalfe sê sy kliënte se Swapo-saak duur voort

Die dringende hof-aansoek wat deur Reinhold Shipwikineni en vier ander teen Swapo gebring is om die party te verplig om ‘n buitengewone kongres te hou na die afsterwe van president Hage Geingob, is van die hand gewys. Volgens Swapo se grondwet moes die kongres gehou word om ‘n nuwe leier te kies in die plek van Geingob, wat ook Swapo-president was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met prokureur Richard Metcalfe wat sê die dringende aansoek was nie deel van sy saak met die selfde aansoekers nie. Hy verduidelik.