Swapo sal besluit oor lot van 5 lede van hofsaak

Die hooggeregshof het die aansoek wat deur Reinhold Shipwikineni en vier ander teen Swapo ingedien is, van die hand gewys en beslis dat die saak nie behoorlik saamgestel is nie. Shipwikineni en die ander applikante het versoek dat die hof Swapo verplig om ‘n buitengewone kongres te hou, soos vereis deur die party se grondwet, na die afsterwe van president Hage Geingob. Die buitengewone kongres sou wees om ‘n nuwe party-leier te kies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Moses Shikerete, die woordvoerder van die Swapo Jeuliga, oor wat nou met die vyf lede gaan gebeur.