Tsjad loop deur onder erge oorstromings

Tsjad, wat deur herhalende voedselkrisisse gesteister is, staar ‘n nuwe tragedie in die gesig: Stortreën het al 23 die land se provinsies getref en verwoestende oorstromings veroorsaak. Meer as 500 mense is dood, en duisende gesinne het hul huise verloor. Boonop is meer as 400 000 hektaar landbougrond vernietig, wat voedselsekerheid in gedrang bring in ‘n land waar meer as 3,4 miljoen mense honger ly. Paaie en brûe is onder water is, wat toegang tot rampgebiede besonder moeilik maak.