Swapo se vyf het ‘n duur avontuur in die hof

Die dringende aansoek waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar om ‘n buitengewone kongres te hou om ‘n leier te verkies, is vanoggend deur regter Eileen Rakow van die hand gewys. Sy het ‘n kostebevel teen die eerste aansoeker Reinhold Shipwikineni uitgereik. Die lede het aangevoer dat ingevolge die party se Grondwet, ‘n buitengewone kongres nodig was na die afsterwe van president Hage Geingob as partypresident.