Spaza-winkels: Tekort aan gesondheid-inspekteurs die oorsaak
Die DA in Johannesburg sê die tekort aan gesondheid-inspekteurs in die metro weens begrotingsbesnoeiings stel die lewens van Gautengse leerders in gevaar. Nazley Sharif van die DA sê die party het hierop afgekom tydens beraadslagings met die stad se streeksdirekteur Justice Ngalonkulu na ‘n voorval in Soweto waar laerskoolleerders snoeperye gekoop het van ‘n spaza-winkel wat hulle na bewering vergiftig het. Sy sê die bedryfsbegroting vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling was twaalf jaar gelede 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand, maar dit is verlaag tot 49 miljoen rand: