Zim het twee gevalle van M-pokke

Zimbabwe het sy eerste twee gevalle van M-pokke in Harare bevestig sonder om te spesifiseer watter variant aangeteken is. Die eerste geval is opgespoor by ‘n 11-jarige seun wat verlede maand simptome ontwikkel het nadat hy na Suid-Afrika gereis het, lui die verklaring. Die tweede geval was in ‘n 24-jarige man wat siek geword het nadat hy na Tanzanië gereis het. Owerhede sê albei pasiënte herstel en kontakopsporing is aan die gang.