Harris sit druk op Trump met mediese rekord
Kamala Harris se dokter het in ‘n brief onthul “sy het die fisiese en geestelike veerkragtigheid” wat nodig is om as president te dien. Die Demokratiese presidensiële kandidaat hoop die brief sal druk op Donald Trump plaas om sy eie mediese rekords vry te stel. Intussen sê die Trump-veldtog in ‘n verklaring sy dokters “het tot die gevolgtrekking gekom hy is in die perfekte en uitstekende gesondheid om die opperbevelhebber te wees”. Volgens die jongste nasionale peilings in Amerika bly Harris ‘n kortkop voor Trump maar die verskil in die deurslaggewende state is uiters klein.