MotoGP stop nuwe enjins vir twee jaar
Motorsport: Die Internasionale Motorfietsfederasie het nuwe MotoGP-enjins vir 2025 en 2026 gevries. Dit is in aanloop vir fietse met nuwe spesifikasies wat in 2027 toegelaat word. Volgens bestaande regulasies kan vervaardigers ʼn splinternuwe enjin voor die eerste Grand Prix van elke seisoen voorlê. Die federasie sê die bevriesing is om kostes te beheer en om dit vir almal gelyk te maak voor die instelling van die nuwe regulasies. Die maksimum aantal enjins vir elke jaer in ‘n seisoen word ook van sewe tot ses verminder.