NLU, boere probeer waterpomp-, sonpaneel-diefstalle bekamp

Sindikate wat waterpompe en sonpanele steel op beide kommunale en private plase in die Outjo- en Otjiwarongo-distrikte wek kommer. In die afgelope paar dae is tien voorvalle aangemeld. Landbouminister Calle Schlettwein het vroeër gesê die ministerie het die afgelope jaar ‘n verlies van 120 miljoen Namibiese dollar gely weens diefstal en vandalisme. Die diefstalle laat ook boorgate onbruikbaar. Günther Kahl, een van die Nambië Landbou Unie se uitvoerende raadslede en ‘n boer in die Kalkveld omgewing, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor hulle pogings om die misdaad te bekamp.