SA mynbouproduksie styg 2,9%

Statistieke Suid-Afrika rapporteer ʼn maand-tot-maand-styging van 2,9-persent in mynbouproduksie vir Augustus. Die groei word toegeskryf aan hoёr produksie in sleutelsektore soos platinum, ystererts en goud en volg op ʼn daling van 1,5-persent in Julie. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê die mynboubedryf bly ʼn belangrike bydraer tot die land se ekonomie en hierdie positiewe neiging verbeter die algehele prestasie van die ekonomie.