40 nuwe aanklagte teen Mohamed al Fayed gelê

Die Britse polisie het 40 nuwe aantygings teen wyle Mohamed al Fayed ontvang, insluitend bewerings van verkragting en seksuele aanranding tussen 1979 en 2013. Bewerings teen die voormalige miljardêr-eienaar van Harrods het op die lappe gekom na ‘n BBC-ondersoek en dokumentêr. Die Metropolitaanse Polisie sê die nuwe eise is bykomend tot bewerings deur 21 ander vroue wat voor die BBC-uitsending by die mag aangeklop het. Die polisie vra enigiemand met bewerings teen Fayed om na vore te kom. Die Justice for Harrods Survivors-groep beplan regstappe teen die luukse afdelingswinkel.