T20-Wêreldbeker-halfeindplek wink vir Protea-vroue

Krieket: ‘n Plek in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi is vanaand op die spel vir die Protea-vroue wanneer hulle Bangladesh in Dubai pak in hulle laaste Groep B-wedstryd. Suid-Afrika is tans tweede in die groep na die Windies en voor Engeland, wat een wedstryd minder gespeel het. Bangladesh is vierde. Die voorste twee spanne in elk van die twee groepe dring deur na die voorlaaste ronde, wat Donderdag en Vrydag beslis word. Die eindstryd is volgende Sondag. Die Proteas se wedstryd teen Bangladesh begin om vanaand om sesuur in die Dubai Internasionale stadion.