Saftu steun Palestina se stryd teen besetting, volksmoord

Die vakbondfederasie Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sluit vandag aan by ‘n betoging ter ondersteuning van Palestyne wat in Potchefstroom, Noordwes, plaasvind. Saftu sê die optrede gedenk ‘n jaar van voortgesette etniese suiwering en volksmoord teen die Palestynse volk. Woordvoerder Mogoshadi Maserumule sê hulle is sterk gekant teen alle vorms van onderdrukking, en het solidariteit beloof met die Palestyne se stryd teen apartheid en besetting.