Sonkrag-motorfiets op laaste skof vanaf Nairobi

‘n Elektriese motorfiets wat in Afrika gebou is en slegs deur sonkrag aangedryf word, is op sy laaste skof vanaf Nairobi in Kenia na Stellenbosch in die Wes-Kaap. Navorsers van die Universiteit Stellenbosch het kragte saamgesnoer met Roam, ‘n tegnologiemaatskappy in Nairobi wat elektriese voertuie vervaardig, om die Roam Air te toets. Die motorfiets sal sowat 6 000 kilometer aflê met slegs sonkrag as energiebron. ‘n Doktorsgraad-kandidaat en mede-navorser van die projek, Stephan Lacock, ry saam met Masa Kituyi op die fiets. Prof Thinus Booysen van die universiteit gee meer inligting.