Pous Franciskus ontmoet Zelensky by Vatikaan
Pous Franciskus het die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky by die Vatikaan ontmoet, hulle tweede persoonlike ontmoeting in vier maande. Die twee, wat in Junie tydens die G7-beraad in Suid-Italië ontmoet het, het 35 minute lank samesprekings gevoer by die apostelpaleis in die Vatikaan. ‘n Verklaring deur die Vatikaan het geen besonderhede verskaf nie. Zelensky sê op sosiale media hy het die pous gevra om te help met die bevryding van Oekraïnse krygsgevangenes.