MSMEs moet in drankbedryf betrokke raak
Die handelministerie dring aan op groter betrokkenheid van mikro-, klein en medium-ondernemings in Namibië se drankbedryf. Dit volg op die bekendstelling van plaaslike produksie van Lion Lager deur Anheuser Busch InBev in Okahandja. As deel van die breër strategie om plaaslike produksie te verbeter, moedig handelminister Lucia Iipumbu AB InBev aan om met plaaslike verskaffers en diensverskaffers te skakel. Sy sê die verkryging van plaaslike bestanddele en dienste wat vir produksie benodig word, sal inklusiewe ekonomiese deelname bevorder. Dit sal help om ‘n veerkragtige voorsieningsketting te bou wat Namibiese boere en besighede tot voordeel sal strek.