Engeland verloor, Haaland word Noorweë se punte-kampioen
Sokker: Griekeland, wat 48ste op die wêreldranglys is, het Engeland 2-1 verslaan in hulle Uefa-nasieligawedstryd op Wembley. Dis die laagste geplaaste span wat die Drie Leeus kon klop sedert Noord-Ierland in 2005. In Oslo het Erling Haaland Noorweë se beste doelskieter ooit geword toe hy twee doele aangeteken het in die sege van 3-nul oor Slowenië. Christopher Nkunku het sy terugkeer na die Franse span gevier met ʼn doel in die oorwinning van 4-1 oor Israel. Italië en België se wedstryd in Rome het gelykop geëindig 2-elk.