Swapo en ECN is kop in een mus – RDP

Die Verkiesingskommissie se kansellasie van sy bodproses vir stembriewe vir die verkiesings is steeds in die nuus. Volgens die kommissie kan die gewone proses nie gevolg word nie want dit kan moontlik die verkiesings vertraag. Dus sal alternatiewe maatreëls gevolg word vir die druk van die stembriewe. Die besluit is wyd gekritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mike Kavekotora, die president van die Rally for Democracy and Progress-party, wat sê Swapo en die Verkiesingskommissie is kop in een mus en Namibiërs moet die reëling verwerp.