VN bevind Israel vernietig opsetlik Gaza se gesondheidstelsel
Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie het bevind Israel probeer Gaza se gesondheidstelsel vernietig as deel van sy aanval op Gaza. Die kommissie se drie lede moes vermeende skendings van internasionale reg in Israel en die Palestynse gebiede ondersoek. Hy beskuldig Israel in sy verslag dat dié land se magte mediese personeel in die Gaza-strook doelbewus martel en doodmaak. Hy sê dit kom neer op oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.