EU wil ontwoudingsreëls uitstel
Die Namibiese Landbou-unie sê in sy nuusbrief dat die Europese Kommissie het uitstel van een jaar vir die implementering van die Europese Unie se Ontwoudingregulasie voorgestel, wat die sperdatums na 30 Desember 2025 vir groot entiteite en 30 Junie 2026 vir klein en medium-grootte ondernemings, verleng. Die voorstel moet nog deur die Europese parlement goedgekeur word maar indien wel, sal Namibië ’n addisionele jaar hê om te verseker dat operateurs en die res van die beeswaardeketting voldoen en volledig voorbereid is. Dit is egter belangrik om daarop te let dat Namibië wel met sy oorspronklike implementeringstydlyn sal voortgaan, en die bykomende tyd hoofsaaklik sal gebruik om enige uitdagings of probleme aan te spreek wat mag ontstaan.