Rafa se uittrede is hartseernuus – Sinner
Wêreld nommer een, Jannik Sinner van Italië, beskryf die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal se uittrede as hartseernuus vir die spel. Die 38-jarige Spanjaard het gister aangekondig die huidige seisoen is die laaste van sy roemryke loopbaan. Sinner sê Nadal het die jong spelers geleer hoe om hulle op die baan te gedra en om nederig te bly ondanks hulle welslae. Sinner se medeginging met nog ‘n Spanjaard, Carlos Alcaraz, word beskou as die nuwe weergawe van die Groot Drie bestaande uit Nadal, Roger Federer en Novak Djokovic.