Ethel Kennedy sterf, sy was 96
Ethel Kennedy, menseregte-aktivis en weduwee van Amerika se voormalige prokureur-generaal Robert F. Kennedy, is op 96-jarige leeftyd dood. Sy is verlede Donderdag na ʼn beroerte in die hospitaal opgeneem. Kennedy het die Robert F Kennedy Sentrum vir Geregtigheid en Menseregte gestig na die sluipmoord op haar man, en haar ook beywer vir menseregte en vuurwapenbeheer. Sy het in 2014 die presidensiële medalje vir vryheid van president Barack Obama ontvang. President Joe Biden beskryf Kennedy as ʼn matriarg van optimisme en morele moed en ʼn simbool van veerkragtigheid.