Ramaphosa betreur heengaan van regter Heath
President Cyril Ramaphosa het sy innige meegevoel betuig met die afsterwe van voormalige Regter Willem Heath op die ouderdom van 79. Heath het ʼn sleutelrol vervul in Suid-Afrika se stryd teen korrupsie en het in die 1990s aan die hoof gestaan van ʼn Kommissie van Ondersoek wat gelei het tot die totstandkoming van die Spesiale Ondersoekeenheid, waarvan hy ook die hoof was. Woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa loof Heath as ʼn pionier in die stryd teen korrupsie: