Shifeta kap terug teen kritiek oor droogtehulp-wildoes

Omgewingsminister Pohamba Shifeta het teruggekap teen sogenaamde “diereliefhebbers” en bewaringsbewustes wat Namibië se besluit om meer as 600 diere van kant te maak vir droogtehulp, gekritiseer het. Hy het gepraat tydens ‘n skenkingsoorhandiging in Katima Mulilo, en sê as mense olifante wil kom haal, is hulle welkom.