S-Koreaanse skrywer Han Kang kry Nobelprys vir Letterkunde

Die Suid-Koreaanse skrywer, Han Kang, is die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vir haar intense poëtiese prosa wat geskiedkundige traumas konfronteer en die broosheid van menslike lewe blootlê. Die prysgeld is meer as 19-miljoen Namibiese dollar en sy sal op 10 Desember saam met ander wenners ʼn medalje ontvang. ‘n Woordvoerder van die Nobelkomitee, Anders Olsson, sê Kan is bekend vir haar boeke, The Vegetarian en Human Acts, en word wêreldwyd hoog aangeskryf.