Daar is iets fundamenteel fout met hoe Israel oorlog voer

Ongeveer 400 000 mense word in Gaza gedwing om suid te beweeg na ‘n gebied wat oorvol en besoedel is en wat nie die basiese benodighede vir oorlewing het nie. Dit is die standpunt van die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres wat sê daar is iets fundamenteel verkeerd met die manier wat Israel sy oorlog voer.