Kadila sal eerste kuikens in November slag
Na hy aan die einde van Junie bedrywighede begin het, sê Kadila Poultry Farming sy eerste groep van 58 000 kuikens sal in die eerste week van November gereed wees vir verslagting. Teen volle kapasiteit beoog Kadila Poultry Farming om elke maand 400 ton hoë kwaliteit pluimveevleis te produseer, wat bydra tot die plaaslike en nasionale aanbod en invoere verminder. Kadila Poultry Farming is ‘n onderneming tussen Eos Capital, Africa Venture Partner Projects en Oyeno Poultry Industries, geleë tussen Windhoek en Okahandja.